Mbombela
Page: 62
Die parvovirus, wat katgriep in honde veroorsaak, is dodelik en hoogs aansteeklik, waarsku dr. Christo Nortje van die Van Wijkstraat Dierehospitaal. Hy sê hoewel dit heeljaar teenwoordig is, sien sy praktyk hierdie tyd van die jaar meer gevalle. Hy het vir Ludi vertel hoe doeltreffend inentings teen dit is wanneer dit op die regte tye […]
Die publiek is genooi om te stem vir hul gunsteling rugbyspelers om ingesluit te word in die span vir die eerste Carling Kampioene-wedstryd. Die Carling Kampioene-span wat op 6 November op Loftus teen Kenia uitdraf sal heeltemal deur die publiek gekies word. Jy kan vir enige speler van die sewe Curriebeker-spanne stem. Die inisiatief is […]
Mpumalanga kon die naweek tydens die regering se landwye Vooma-inentingsveldtog 19 295 mense teen Covid-19 inent. Die inisiatief is van stapel gestuur om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang deur private inentingslokale oor die naweek oop te maak. Volgens ‘n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Chris Nobela, is die […]
Die plaaslike Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se gereelde kuieraande maak aan die einde van Oktober ‘n terugkeer na die grendeltydperk. Die organisasie beywer hulle daarvoor om die taal te bevorder en sal op 30 Oktober saamkuier by Mbombela-stadion. “Ons is almal lief vir ons taal,” sê Anita Hitge, ondervoorsitter van die plaaslike tak. “Ons […]
Die gewilde pikkies van 4 Eva Young Band het pas hul nuwe enkelsnit, “Ek is net ‘n kind”, vrygestel. Die jong lede van dié nuwe groep, raak al hoe meer bekend en gewild, en met goeie rede. Johan van Rooyen (11), Caitie Rock (11), Reuben Herbst (10) en Zandri Bezuidenhout (9) het met Gerhardt gesels […]
Saterdag is Wêrelddag vir hospice en palliatiewe sorg. “As mense ‘hospice’ hoor, dink hulle die dood wag hulle in,” sê Landi Bezuidenhout van Nelspruit Hospice. “Hulle besef nie wat palliatiewe sorg alles behels nie.” Sy het vir Robin meer vertel oor wat dit werklik beteken. Sy wys daarop dat palliatiewe sorg bedoel is vir elke […]
‘n Man is vanoggend in ‘n motorongeluk dood op die R40 in Riverside nadat ‘n taxi sy kar reg van voor getref het. In ‘n video van die voorval kan duidelik gesien word hoe die minibus beheer verloor en oor die middelmannetjie teen ‘n hoë spoed in die aankomende kar in gly. ER24 was om […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vooma-inentingsveldtog die naweek, konstruksie begin op die N4 by Elandshoek, LUR bekommerd oor toename in boeliegedrag by skole en die bloedbank vra dringend skenkings. Luister die hooftrekke hier.
Tot 85% van mense wat demensie kry, het Alzheimers, sê Elria Erasmus, die senior maatskaplike werker by Alzheimers Mpumalanga. Kortom is dit die afsterwe van breinselle in sekere dele van die brein wat dinge, soos geheue, affekteer, en al hoe meer mense word daarmee gediagnoseer. September is Internasionale Alzheimers-bewusmakingsmaand en sy vertel dat simptome in […]
Curro Nelspruit en Lowveld High het besluit om saam te span om hul leerlinge se kultuurtalente ten toon te stel. Hulle hou volgende maand saam ‘n koorfees en talent vertoning. Alta Ehrke, Curro se kultuurhoof, sê hul oogmerk is om leerlinge meer blootstelling op die verhoog te gee omdat dit so beperk is deur die […]