Mbombela
Page: 56
In die nuus uit die Laeveld die week: Mpumalanga gerat vir feestyd, nasien van eindeksamen sonder voorval voltooi, en die bloedbank benodig dringend skenkers. Luister die hooftrekke hier.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) ervaar ‘n ernstige tekort aan bloed, en het mense aangemoedig om bloed te skenk voor Kersfees. Ronald Marsh skryf dit toe aan ‘n toename in die vraag na bloed en afname in skenkings wat hulle gewoonlik hierdie tyd van die jaar ervaar. “Desember is tradisioneel ‘n moeilike tyd vir ons, […]
Ses mense is gister deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R3 miljoen. Nomthandazo Khoza (41) was ‘n boekhouklerk in die departement van onderwys se Bohlabela-area wat na bewering tussen Mei 2019 en November 2020 saam met ‘n kollega, Mosibudi Makutu (45), geld uit die departement aan […]
Kinders van al hoe jonger ouderdomme benodig toenemend professionele hulp vir angs. Die onsekerheid wat onder meer die Covid-19-pandemie teweeg gebring het, dra daartoe by, maar dit is nie tot dit beperk nie. Opvoedkundige sielkundige, Christie Malan, het raad vir ouers. Sy het met Mireille gesels. Luister weer hier na die gesprek. Vir meer besonderhede, […]
In die hooftrekke uit die Laeveld die week: Covid-gevalle neem toe, kopbotsing eis ses lewens, MTPA waarsku weer teen leeus in Marloth Park en Mbombela-stadion hoop op kapasiteit-toeskouers vir All Black toets. Luister die nuushooftrekke hier.
Die bestuur van Mbombela-stadion is opgewonde dat hulle op 13 Augustus 2022 ‘n All Black toets teen die Springbokke sal aanbied. Roelf Kotze beskryf dit as ‘n absolute hoogtepunt vir die stad en stadion. Studies wat voorheen elders gedoen is, het die ekonomiese inspuiting op nagenoeg R100 miljoen beraam. “In rugbyterme kan ‘n mens nie […]
Groot skade is aan verskeie winkels by Tonga Mall aangerig tydens ‘n rooftog. Volgens die polisie se brig. Selvy Mohlala het ‘n groep aanvallers Woensdag om 01:30 die oggend ‘n sekuriteitswag vasgebind en die ander beveel om te vlug. Met hul aankoms het ‘n skietgeveg tussen die polisie en rowers ontstaan. In twee van die […]
Daar was vanjaar ‘n skerp styging in hondsdolheid-gevalle onder mense, waarvan die meeste kinders was. Die meeste gevalle van hierdie dodelike virus is bevestig in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, areas wat deur ‘n menigte toeriste, ook van die Laeveld, besoek word hierdie tyd van die jaar. Dr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Ontvoerde baba na 20 jaar gevind op sosiale media gevind, Mpumalanga skop padveiligheidsveldtog af, Bietjie-Bos-organiseerders tevrede met fees en die Pumas kondig nuwe titelborg aan vir 2022. Luister die hooftrekke hier.
AfriForum het weer verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die blou- en groendruppelstatus van hul drink- en rioolwater te bepaal. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder, voldoen al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde en bevat dit nie skadelike bakterieë nie. Twaalf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, voldoen egter […]