100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela

Page: 55

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vermoorde polisiebevelvoerder ter ruste gelê, tiener uit hospitaal ontslaan na kapers haar in die been skiet, Uplands College verwelkom nuwe hoof, en die Curriebeker skop af by Mbombela-stadion. Luister die hooftrekke hier:

‘n Man was vanoggend amper die slagoffer van ‘n grypdief wat items van agter op sy bakkie probeer steel het. ‘n Ooggetuie, Deon Meyer, het agter die bakkie gewag om regs te draai op Madibarylaan by die Samora Machel-kruising in die rigting van Crossing-sentrum toe hy dit sien gebeur. Eers het een man, wat om […]

Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het. Vusi Sihlabela (41), Karabo Makhubedu (31) en Norman Mokoena (25) het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview. Toe hulle uitvind hy het die saak by die polisie aangegee, […]

Miah de Beer (14) is gister uit die hospitaal ontslaan nadat sy verlede week in die been geskiet is tydens ‘n mislukte kaping. Sy was saam met haar ma, Melani, en boetie Marnu (11), op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin. Hulle het die wildtuin deur Numbi-hek verlaat. Om ongeveer 12:45 is daar […]

Heelwat gr. 1- en gr. 8-leerlinge wag nog om geplaas te word in laer- en hoërskole in Mbombela en Witrivier. Die akademiese jaar skop Woensdag af. Volgens die provinsiale onderwysdepartement benodig 214 gr. 8’s en 213 gr. 1’s plek in Mbombela, en 33 gr. 8’s en 35 gr. 1’s in Witrivier. Dit is heelwat minder […]

In die nuus uit die Laeveld die week: 14-jarige in been geskiet deur vermeende kapers, tweede verdagte vas vir polisiespeurder se moord, toeris verdrink by Lisbon waterval en Kaapsehoop merrie uit strik verlos. Luister die hooftrekke hier.

‘n Verdagte is Maandag in Barberton aangekeer vir die dubbele moord op speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi. Hulle is op 17 Oktober 2021 by Zanni Tavern doodgeskiet. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde. Lifa Blessing Nkosi (42), ‘n voormalige Mbombela-wyksraadslid, is in November daarvoor aangekeer en is sedertien in […]

Die burgemeester van Emalahleni-munisipaliteit, Linah Malatjie, het gisteraand saam met haar man, Esau, verongeluk. Hulle was om ongeveer 22:30 tussen KwaMhlanga en Witbank onderweg, toe hulle in ‘n trompop-botsing betrokke was. Hulle het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye aan die familie betuig. Sy […]

In die nuus uit die Laeveld die week: Toeriste buite Numbi-hek aangeval, twee jong mans verdrink, en Radio Laeveld maak ‘n bietjie geskiedenis in die Vrystaat. Luister die hooftrekke hier.

Grace Baby Haven maak in Januarie sy deure oop as ‘n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar ‘n baie groot vraag is. Stigters Justin en Ané Grobbler vertel dat daar die jaar alleen meer as 85 kinders agtergelaat is in net Nelspruit en Mataffin, meestal in hospitale waar ma’s geboorte skenk. Dié nie-winsgewende organisasie werk […]