100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela

Page: 53

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in i’langa Mall beroof het. Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes. Brig. Selvy Mohlala sê die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak en […]

Die Pumas hou Vrydag ‘n groot Valentynsbal, en jy kan die geleentheid kry om saam met een van die ses spelers die gala by te woon. Hulle verkies oor die algemeen honde, sonder hul ma’s en broers uit vir hul ondersteuning, en sal ‘n rustige afspraak verkies waar jy iemand kan leer ken. Leer ken […]

‘n Omstander is gister doodgeskiet deur vermeende rowers tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Elukwatini. Volgens die polisie het ‘n groep verdagtes ‘n kontantwa wat by ‘n kitsbank geparkeer was om geld op te tel, om ongeveer 08:00 aangeval en met plofstof oopgeblaas. Hulle het met kontant gevlug. Terwyl wetstoepassers hulle agterna gesit het, […]

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Omstander doodgeskiet deur transitorowers, KANSA poog op die gaping in sorg te verklein, en Nellie-atleet stel fenomenale afstand op. Luister die hooftrekke hier.

Die kroning van Mev. Mpumalanga 2022 is om die draai en beloof om, soos elke jaar, ‘n produksie uit die boonste rakke te wees. Zane van Zyl, uitvoerende hoof van Mev. Mpumalanga, en Jacques Lombard, eienaar en bestuurende direkteur, vertel hoe ‘n sterk groep deelnemers die kompetisie vanjaar gelok het, en hoe opgewonde hulle is […]

Om nog ‘n taal te leer, is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee, sê Marie-Louise Botha van Bothabile African Language Institute. Om te illustreer dat dit moontlik is, het sy vir Mireille de Villiers ‘n les gegee in siSwati.

Die 2022-sensus het aangebreek. Die volkstelling skop op 3 Februarie af. Huishoudings het tot middernag Maandag, 31 Januarie, om te registreer. Robert Thenga van Statistieke Suid-Afrika in Mpumalanga verduidelik dat mense vooraf moet registreer en kan kies of hulle in persoon, telefonies of aanlyn die vraelys in wil vul. Dit verg nie selfoondata om te […]

Danika van Deventer, ‘n gr. 12-leerling van Curro Nelspruit, het haar Springbokkleure vir modelwerk verwerf, nadat sy by Stars of the Universe, Talent Africa se internationale kompetisie in Januarie, goud verwerf het in twee afdelings. Sy het vir Gerhardt vertel sy doen al modelwerk sedert sy kon loop, en koester groot drome om dit as […]

Hoe gemaak met al die gr. 12-leerlinge wat jaarliks matriek slaag met vrystelling om grade of diplomas op tersiêre vlak na te jaag, maar vir wie daar nie plek is in openbare instellings nie? Dit is een van die vrae wat prof. Stephen Khehla Ndlovu, adjunkhoof van strategie, risiko en adviesdienste by Unisa, ondersoek het […]

Jou Laeveld nuus die week: Die sensus skop volgende week af, Hazyview-man tot honderde jare agter tralies gevonnis en Polisiekar na 16 jaar weer terug by Blue Moon. Luister die hooftrekke hier.