GRIP bekommerd oor huishoudelike geweld en seksuele aanranding tydens grendeltyd

Die organisasie GRIP, of Greater Rape Intevention Project, beleef ‘n groot afname in vroue wat hulp soek vir mishandeling sedert die grendeltydperk begin het. Die stigter, Barbara Kenyon, skryf dit toe aan die feit dat mense minder mobiel is. Sy sê hulle “weet daar is steeds huishoudelike geweld en seksuele aanranding, maar die sake word […]

Besluit oor Innibos uitgestel

Innibos gaan dalk nie meer aan die einde van Junie kan plaasvind nie. Die fees, wat vroeër vanjaar weereens die Fiësta-toekenning as beste kunstefees in die land gewen het, sou vanaf 24 tot 27 Junie plaasgevind het. Sandra Jacobs, bemarkingsbestuurder van Innibos, sê “die span gaan voort met die feesbeplanning en dat, as dit nie […]

Familielede mag reis vir begrafnisse

Die departement van samewerkende regering het Donderdag veranderinge aangekondig, wat sekere individue toelaat om tussen provinsies, metropole en distrikte te reis om begrafnisse by te woon. Volgens dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, moet individue wat wil reis ‘n permit bekom. Slegs die oorledene se man of vrou, lewensmaat, kinders en […]

TRAC tref voorsorg teen pandemie

TRAC het streng maatreëls ingestel by hul tolhekke om padgebruikers en werknemers te beskerm. Kommunikasiebestuurder Solange Soares sê dat alle Suid-Afrikaners deur die 21-dag inperking geraak word. As ‘n essensiële diens is alle personeel by tolplazas op die N4 in higiëne en Covid-19-protokol opgelei. Slegs kernpersoneel werk en net die e-Tag-hek en een ander baan […]

NGF voer hongeres, benodig nog hulp

Mbombela se gemeenskap staan saam om te help om na die dorp se haweloses om te sien. Volgens past. TJ Maré van die Mpumalanga Leadership Foundation wat Nelspruit Gemeenskapsforum bestuur, voorsien hulle daagliks drie maaltye aan tussen 87 en 100 mense. “Dit is ‘n harde tyd, maar die gemeenskap help baie,” sê hy. “Ons weet […]