Laevelders wen Expedition Africa

Die Laeveld se Expedition Africa Adventure Race-span, Jabberwock, het op 20 Maart ‘n opwindende oorwinning in die 2026 Drakensberg-resies behaal na ‘n uitmergelende 500 km om die wenstreep voor die Russiese nasionale span, Wild Trials, oor te steek. Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell en DeWaal Visser is die spanlede. Luister weer:

Vier op pad na Expedition Africa Back to the Berg

Harry Wiltshire, Craig Metherell, Dewaal Visser en Sara Archdeacon gaan in Maart aan die Expedition Africa Back to the Berg-wedren deelneem. Die 500 km avontuurwedloop verg dat deelnemers oor ses dae die ruwe en uitmergelende terrein van die Drakensberge trotseer. Luister weer: