Motief onbekend vir skietery in Mkhuhlu wat drie eis

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die polisie in Mpumalanga ondersoek drie moorde na ‘n voorval waartydens drie mans Vrydagoggend in ‘n Mercedes-Benz met Gauteng nommerplate in Mkhuhlu, Calcutta, geskiet is.

Die voertuig was vol koeëlgate en Phemelo Ndaba, Sello Mogashoa en Wilfred Dludlu het ernstige skietwonde opgedoen.

Twee is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die derde slagoffer het in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

‘n Aantal patrone is op die toneel versamel.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, sê die motief is onbekend. 

Luister: