Laerskool Laeveld bring Big Bounce na die Laeveld

Laerskool Laeveld bied op 25 Maart die tiende keer hul jaarlikse Colour Run aan en hierdie keer saam met ‘n Big Bounce. Anzel Beatie en Cornelia Janse van Rensburg gesels met die Middag Game Drive. Luister:
Afritasties: ‘Ek kan lees’

Hoërskool Bergvlam is die enigste ATKV-jeugtak in die Laeveld. Anseri Pool van Afritasties vertel meer oor die “Ek kan lees”-projek. Luister weer: Sien meer:
Atletiek: Nellies ding Woensdag met top groot honde mee

Hoërskool Nelspruit (NHS) neem vanjaar deel aan die A-bond van die Super Interhoër. Die skool se atletiek-hoof, Anica Cilliers, gesels op die vooraand met die Middag Game Drive. Luister weer:
Interlaer Saterdag deur Bergland aangebied

Laerskool Bergland is vanjaar die gashere van die Laeveld Interlaer. Dit vind Saterdag by Hoërskool Nelspruit se sportgronde plaas. Jana Schlechter en Nicholeen Smit deel al die besonderhede met Sonop Ontbyt. Luister weer:
NHS weer Mpumalanga se topskool

Hoërskool Nelspruit (NHS) is weer as die topskool in Mpumalanga aangewys na die bekendmaking van die 2025 matriekuitslae. “Ons leer kinders om te droom met hul oë oop,” sê Ferdi van Wijk (akademiese hoof) en Bertus Steyn (adjunkhoof) aan die Middag Game Drive. Luister:
Luister: Barberton matrieks 2025

Hoërskool Barberton se toppresterende matrieks vir die Klas van 2025 was Kudakwashe Kadzimu, Mpumelelo Sithole, Mpho Songo en Siphesihle Mona. Hulle kuier by Sonop Ontbyt. Luister:
Luister: Bergvlam matrieks 2025

Hoërskool Bergvlam se toppresteerders in die matriekeksamen van 2025 was Dillyn Baird, Thato Khoza en Takudzwa Chihaba. Hulle kuier saam met skoolhoof, Deon Visser, by die Middag Game Drive. Luister weer:
Luister: Penryn matrieks 2025

Penryn se Mieke Reingruber, Reneilwe Mokgotho en Lukhanyo Mlangeni het elk sewe onderskeidings in die IEB-matriekeksamen in 2025 behaal. Die uitvoerende hoof, Mike Eissen, het hulle na die ateljee vergesel. Luister:
Luister: Uplands matrieks 2025

Uplands College toppresteerders van 2025 is Nicole Cooper, Erin Durek, Joshua De Beer en S’nenjabulo Hlatshwayo. Hulle het gesels met die Middag Game Drive. Luister weer:
Curro Nelspruit haal Top 20 in Afrikaans 100 Skoolkompetisie

Curro Nelspruit is aangewys as een van die Top 20 finaliste in die Afrikaans100-kompetisie. Hulle is die enigste Curro-skool in Suid-Afrika wat dit gemaak het, en een van net twee skole in Mpumalanga wat op die lys verskyn. Onderwysers Marietjie Viljoen, Elmarie Bouwer en Ruval Gouws kuier in die ateljee. Luister weer: