News
Page: 202
Mense sukkel om kop bo water te hou, sê Marina Erasmus van Sanca Laeveld. “Die wêreld het sedert April 2020 baie verander en tot op hede het dit nog nie makliker geword nie. “Dit is nie soseer dat mense in hierdie tyd meer dwelms gebruik nie weens verveling of opwinding nie – dalk ‘n klein […]
Die soektog is afgelas na verdagtes wat vanoggend ‘n boer en sekuriteitswag tydens ‘n plaasaanval in die Brondal-omgewing geskiet het. Die voorval het in die omgewing van 07:00 plaasgevind. Daar is na vermoede drie verdagtes en hulle is swaar gewapen. Leonard Theko*, een van die beamptes wat eerste gereageer het op die noodroep, is twee […]
Anri van der Linde het ‘n passie om “tween”-dogtertjies (van tussen 8 en 12 jaar oud) selfliefde te leer. Dié dogter van die bekende Rina Hugo en Johan van Rensburg vertel hoe dit haar self gehelp het toe sy destyds oorsee modelwerk gedoen het. Sy het gereeld gehoor hoe sy maerder moes wees. “Ek het […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Mpumalanga maak gereed vir terugkeer van alle laerskool-leerlinge na die skoolbanke, vyf Curro-leerlinge ontvang Springbokkleure as lede van die Mpumalanga-jeugkoor, Penreach bereik Mandela-maand doelwit en Arrie en Renaldia Henn groet die Nellies. Luister die hooftrekke hier.
Bossies Community Justice (BCJ) is die enigste niewinsgewende organisasie in die Laeveld wat die polisie en sekuriteitsmaatskappye bystaan om misdaad te bekamp. Operasionele bestuurder, Albert Gryvenstein, werk daagliks daarvoor. Hierdie ervare ondersoeker is egter gewoonlik ongesiens deur die publiek agter die skerms betrokke met die bekamping en oplos van misdaad. Hy het met Ludi gesels […]
Hoërskool Bergvlam se “Dreamville” word van 10 tot 13 Augustus aangebied by die skool en is ‘n mengsel tussen “Pretville” en “Hairspray”. Dit is egter “Dreamville Take 2” omdat dit verlede jaar weens die Covid-pandemie gekanselleer moes word. Tamira Jamal en Caleb Hardnick het by Radio Laeveld in die ateljee kom kuier. Tamira vertol die […]
Penreach kon in Julie vir Mandela-maand genoeg boeke insamel om 67 nuwe leeskampe op die been te bring. Hierdie kampe bied kinders ‘n leersame naskoolsentrum in hul buurte. Om een te stig verg ten minste 67 boeke. Dié amper 5 000 boeke is met behulp van plaaslike ondersteuners sowel as nasionale maatskappye ingesamel. Susanna Oosthuizen, […]
Dr. Anton Janse van Rensburg, ‘n mediese dokter met baie ervaring as ‘n toksikoloog, sê hy behandel al sy Covid-19-pasiënte met ivermektien – en met goeie resultate. Volgens hom word dit reeds 40 jaar lank in mense gebruik en as veiliger beskou word as aspirien. Sommige weergawes wat vir diere bedoel is, bevat egter soms […]
Vyf Laeveld-leerlinge het onlangs hul Springbokkleure ontvang as lede van die Mpumalanga-jeugkoor na die koor ‘n eerste en tweede plek behaal het by Talent America in Desember. Almal is leerlinge aan Curro Nelspruit: Eleanor Schwirzer, Danika van Deventer, Janno Janse van Rensburg, Christiaan Burger asook Max Schwirzer (hy en Eleanor is broer en suster) wat […]
Na 35 jaar in die onderwys roep Arrie en Rénaldia Henn die beroep – en die Laeveld – vaarwel toe. Arrie is reeds 22 jaar die hoof van Laerskool Nelspruit. Rénaldia het in 2000 die Nellie Miere-kleuterskool begin. Hulle het besluit om af te tree toe Arrie vanjaar 60 jaar oud geword het. Hulle neem […]