(Nog ‘n) nuwe rekord vir goudprys

Goud het gisteroggend tot ‘n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud as ‘n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning. Luister:
Meat World het groot planne vir 2026

Keagan Malyon, die bemarkingsbestuurder van Meat World het Sonop Ontbyt se ateljee kom opvrolik. Luister:
NHS weer Mpumalanga se topskool

Hoërskool Nelspruit (NHS) is weer as die topskool in Mpumalanga aangewys na die bekendmaking van die 2025 matriekuitslae. “Ons leer kinders om te droom met hul oë oop,” sê Ferdi van Wijk (akademiese hoof) en Bertus Steyn (adjunkhoof) aan die Middag Game Drive. Luister:
Luister: Barberton matrieks 2025

Hoërskool Barberton se toppresterende matrieks vir die Klas van 2025 was Kudakwashe Kadzimu, Mpumelelo Sithole, Mpho Songo en Siphesihle Mona. Hulle kuier by Sonop Ontbyt. Luister:
Passiespele in Maart aangebied
Kerke vanaf Witrivier tot Nelspruit snoer hul talente saam om vanjaar in Maart ‘n volwaardige Passiespele aan te bied. Ds. Alisna Slabbert van die NG Kerk Witrivier vertel vir Laeveld Brunch hoe jy betrokke kan raak. Luister: Kontak 062-862-5106 vir meer besonderhede.
Luister: Bergvlam matrieks 2025

Hoërskool Bergvlam se toppresteerders in die matriekeksamen van 2025 was Dillyn Baird, Thato Khoza en Takudzwa Chihaba. Hulle kuier saam met skoolhoof, Deon Visser, by die Middag Game Drive. Luister weer:
Luister: Penryn matrieks 2025

Penryn se Mieke Reingruber, Reneilwe Mokgotho en Lukhanyo Mlangeni het elk sewe onderskeidings in die IEB-matriekeksamen in 2025 behaal. Die uitvoerende hoof, Mike Eissen, het hulle na die ateljee vergesel. Luister:
Run the Block saam die naweek

Die plaaslike ultra-atleet Damien Kuhn gaan Vrydagmiddag 16:00 begin om vir 24 uur in ‘n kilometer-roete te hardloop en hy nooi jou saam om ook ‘n bietjie saam te draf of te stap. Hy vertel die Middag Game Drive van Run the Block. Luister:
Luister: Uplands matrieks 2025

Uplands College toppresteerders van 2025 is Nicole Cooper, Erin Durek, Joshua De Beer en S’nenjabulo Hlatshwayo. Hulle het gesels met die Middag Game Drive. Luister weer:
Kris Ray stel eerste album bekend

Die plaaslike musikant, Kris Ray, het Vrydag amptelik sy eerste album vrygestel. Hy het met die Middag Game Drive gesels oor My hart in Afrikaans. Luister: