Verdagtes gesoek wat winkels by Tonga Mall oopblaas

Groot skade is aan verskeie winkels by Tonga Mall aangerig tydens ‘n rooftog. Volgens die polisie se brig. Selvy Mohlala het ‘n groep aanvallers Woensdag om 01:30 die oggend ‘n sekuriteitswag vasgebind en die ander beveel om te vlug. Met hul aankoms het ‘n skietgeveg tussen die polisie en rowers ontstaan. In twee van die […]
Hoe gemaak as jy ‘n leeu raakloop in Marloth Park?

Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) soek steeds na ‘n trop leeus wat meer as ‘n week gelede uit die Krugerwildtuin tot in Marloth Park ontsnap het. Gerrie Camacho sê hulle beplan om hulle te pyl en te skuif, weens die gevaar wat hulle vir mense inhou. Hul taak word egter bemoeilik omdat die leeus […]
Kenner: Moet nooit gerus wees oor hondsdolheid nie

Daar was vanjaar ‘n skerp styging in hondsdolheid-gevalle onder mense, waarvan die meeste kinders was. Die meeste gevalle van hierdie dodelike virus is bevestig in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, areas wat deur ‘n menigte toeriste, ook van die Laeveld, besoek word hierdie tyd van die jaar. Dr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in […]
Luister weer: Hoe om na ‘n geliefde met Alzheimer’s om te sien

Mense met Alzheimer se siekte het spesiale versorging nodig, en dit moet dikwels deur hul geliefdes self voorsien word. Elria Erasmus, die senior maatskaplike werker by Alzheimer’s Nelspruit, het raad as jy jouself in daardie posisie bevind. Luister hier weer na die gesprek. As jy in kontak wil tree met die plaaslike Alzheimer’s, kontak 013-752-3578 […]
Laeveld nuus – Week 49 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Ontvoerde baba na 20 jaar gevind op sosiale media gevind, Mpumalanga skop padveiligheidsveldtog af, Bietjie-Bos-organiseerders tevrede met fees en die Pumas kondig nuwe titelborg aan vir 2022. Luister die hooftrekke hier.
Laeveld dorpe slaag bloudruppeltoets

AfriForum het weer verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die blou- en groendruppelstatus van hul drink- en rioolwater te bepaal. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder, voldoen al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde en bevat dit nie skadelike bakterieë nie. Twaalf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, voldoen egter […]
Pumas kondig nuwe titelborg vir 2022 aan

Phumzile Maqondwana is gisteraand by die Mpumalanga Rugbyunie se toekenningsaand aangewys as die Pumas Curriebeker-speler van die jaar. Hy is ook as voorspeler van die jaar bekroon by die geleentheid by Mbombela-stadion. Die spelers se Speler van die Jaar is Pieter Janse van Vuren. Maqondwana sê dit is vir hom ‘n baie groot eer – […]
Weerdiens waarsku oor nog reën en moontlike oorstromings

‘n Vlak 4 geel waarskuwing is uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) vir ontwrigtende reën en gepaardgaande oorstromings in die Mpumalanga hoëveld, suide van Limpopo en ooste van Gauteng tot 23:00 vanaand, Woensdag 8 Desember. Dit volg na swaar reën en hael in dele van die Hoëveld gister strome en riviere se vlakke drasties opgestoot […]
Ontvoerde baba na 20 jaar gevind na boetie foto op sosiale media sien

‘n Jong man het verlede week gehelp om sy sussie, wat voor sy geboorte ontvoer is, na meer as 20 jaar op te spoor. Die pasgebore baba is in Maart 2001 in Ermelo ontvoer, terwyl sy saam met haar ma, toe 16 jaar oud, en tannie op pad was huis toe (in Breyten) van Ermelo-hospitaal […]
Bietjie-Bos bring ‘n bietjie broodnodige lafenis

Reënweer en Covid-19 kon nie keer dat die afgelope Bietjie-Bietjie-Bos ‘n sukses was nie. Innibos se bemarkingshoof, Sandra Jacobs, sê hulle is baie tevrede met die opkoms, en dankbaar vir al die ondersteuning. Die Kersloffees is Sondag na Communio-kerk geskuif weens die reënerigheid en nat veld. Die beperking van 2 000 mense per aand is […]