Versigtigheid op paaie bepleit

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid bepleit versigtige gedrag op die paaie tydens ‘n verwagte toename in verkeer voor skole volgende week heropen. Vroeër vandag is vier mense dood op die R23 tussen Standerton en Perdekop toe ‘n sedan reg van voor met ‘n ligte afleweringsvoertuig gebots het. Die oorledenes, almal volwassenes, was insittendes van die […]

Storm Baron is fopnuus maar groot reën kom

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n virale sosiale media-waarskuwing oor ‘n storm genaamd Storm Baron wat na bewering Suider-Afrika gaan tref, as vals afgemaak. Die weerdiens sê so ‘n storm bestaan nie en daar is tans geen tropiese sikloonaktiwiteit in die streek nie. ‘n Intense laedrukstelsel sal wel na verwagting wel oor suidelike Mosambiek ontwikkel […]

Dag 20: Soektog na vermiste tiener duur voort by Ponta

Die soektog duur voort na Rikus Kylander, ‘n 18-jarige matrikulant van Krugersdorp, wat op 18 Desember in Mosambiek vermis geraak het terwyl hy saam met vriende by Ponta do Ouro gesnorkel het. Volgens Dawn Gounden van Renegades Search & Rescue het spanne lug-soektogte uitgevoer van Black Rock tot by die Suid-Afrikaanse grens en van Ponta […]

Brondal-storm rig groot skade aan

Boere in die Brondal-area het groot skade gely toe ‘n groot storm hulle twee dae na Kersfees getref het.  Marinda van den Bergh sê hulle het sowat die helfte van hul neutoes aan die hael verloor.  ‘n Massiewe boom het ook op haar suster, Veronica Neethling, op die Plaas Soete Inval, se huis se dak […]

Sluit aan by die Laeveld Voortrekkers

Die Laeveld Kommando van die Voortrekkers hou op 12 Januarie ‘n opedag en almal is welkom. Kommando-leier Robert Strydom kuier in die ateljee saam met Michelle de Lange, Liz-Mare Anderson en Justin Homann. Luister: Om meer uit te vind van hierdie avontuur van leierskap kweek kontak Strydom by 082-496-1454.  

Polisie waarsku teen toenemende vloed-verwante voorvalle

Die polisie in Mpumalanga het die publiek gewaarsku om uiters versigtig te wees naby strome water terwyl aanhoudende reën watervlakke laat styg. Vloed-verwante voorvalle is aan die toeneem, met drie mense wat op 1 Januarie verdrink het. ‘n 19-jarige man is meegesleur toe hy te voet ‘n stroom probeer oorsteek het in Louisville. ‘n Vrou […]

Weerdiens sê nog reën is op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê nog reën en donderstorms word verwag oor die sentrale en oostelike van Suid-Afrika, insluitend Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, en dele van die Oos-Kaap en Noordwes. Die Weerdiens waarsku hewige donderstorms kan lei tot stortreën, hewige weerlig, klein haelkorrels en gelokaliseerde oorstromings. Die weste sal na verwagting meestal droog en […]

Baba vreudge by Lebombo-grenspos

Die polisie het beamptes geloof wat as vroedvroue opgetree het toe ‘n vrou op 30 Desember by Lebombo-grenspos in kraam gegaan het. Die ma, Marluz Albino Tovela, was onderweg na Nhambane. Die polisie se hulp is ingeroep en sers. Tshidi Mokoena en konst. Constable Nyathi het saam met Jabu Nkuna van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gehelp […]

Soektog amptelik afgelas na vermiste soldaat

Die soektog na ‘n soldaat wat op Kersdag in ‘n rivier naby Komatipoort deur vloedwater meegesleur is, is gister amptelik na ses dae afgelas. Twee soldate was in die voertuig, en een se liggaam is die dag na die voorval gevind. Volgens die polisie is liggaamsdele twee dae gelede op ‘n riverbank naby die grens […]

Mannejag geloods na skietvoorval in Hazyview

Die Mpumalanga polisie doen ’n beroep op lede van die publiek vir inligting oor verdagtes wat gistermiddag twee mans op die Nyongane-hoofpad in Hazyview doodgeskiet het. Die slagoffers het in die rigting van Nyongane gery toe daar op hulle geskiet is deur ’n onbekende aantal verdagtes. Na die voertuig tot stilstand gekom het, het die […]