LVCC Rolbal vier 75 jaar

Rolbal geniet ‘n oomblik in die son met gewildheid wat toeneem. LVCC se rolbalklub groei definitief en is vanjaar 75 jaar oud. Stan Stanton en Charles Davies gesels met ons. Luister weer: As jy belangstel om dit te prbeer kontak Stan Stanton, LVCC Bowls-president, by 083-400-8612 of Charles Davies, LVCC-voorsitter, by 083-272-2456.

Herfsakker vier twee se 100ste verjaarsdae saam

SAVF Herfsakker het vanoggend ‘n spesiale partytjie gehou om die 100ste verjaarsdae van nie een nie, maar twee inwoners dié maand te vier.  Ouma Sakkie Potgieter het reeds op 12 Maart haar verjaarsdag gevier en Ouma Anna de Beer verjaar vandag.  Die tehuis het besluit om vir albei saam ‘n groot makietie te hou.  Ouma […]

Pumas derde op SA Beker-punteleer na weerlig wedstryd aflas

Weerlig het Vrydagaand ‘n einde gebring aan die SA Beker-kragmeting tussen die Toyota Cheetahs en verdedigende kampioene, die Airlink Pumas in Bloemfontein, met die wedstryd wat uiteindelik afgelas en as ‘n “geen-uitslag” aangeteken is. Die Pumas het met 10-7 voorgeloop maar beide spanne het twee ligapunte verdien onder kompetisie-reëls. Die Pumas lê gevolglik nou derde […]