Twee renosterkalfies in NKW gered 

Twee jong renosters is Saterdag in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gered na waaksame besoekers SANParke oor hulle gewaarsku het. Die kalfies, onderskeidelik 12 en 18 maande oud, is opgemerk waar hulle langs die pad na die Malelane-gedeelte rus. Owerhede het vinnig gereageer om hulle te vang en na ‘n veilige plek te neem. Die jonger […]

Twee vas weens R3m se goud in Pelgrimsrus

Twee mense het Vrydag in die Graskop-landdroshof verskyn na hulle in besit van goud met ‘n geskatte waarde van R3 miljoen gevind is. Volgens die polisie is albei ongedokumenteerde Mosambiekse burgers. Hulle is Woensdagaand in Pelgrimsrus gearresteer as deel van Operasie Shanela en was glo in besit van ses sakke 90% verwerkte goud. Hulle sal […]

Vermeende spoorlyn-diewe verskyn vandag in die Barberton-hof

Vyf verdagtes is aangekeer as deel van Operasie Vala Umgodi vir peuter met noodsaaklike infrastruktuur by Joe’s Luck naby Barberton Vrydagnamiddag. Polisiebeamptes op patrollie langs die R38 Barberton–Sheba Siding-pad het ʼn taxi opgemerk wat mans aflaai wat toe in digte bosse verdwyn het. Hulle het hulle gevolg en die verdagtes aangetref in besit van 269 […]