R113m bedrogsaak uitgestel tot Maart

Die borgtogaansoeke van mense wat van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla word in verband met R113 miljoen se beweerde bedrog in die Mpumalanga Onderwysdepartement is gister in die Nelspruit-landdroshof afgehandel. Volgens die Valke is 38 van die 40 verdagtes sedert Sondag in hegtenis geneem. Die ander twee sal na verwagting hulself binnekort aan die owerhede […]