Nog arrestasies gemaak weens beweerde bedrog in Onderwysdepartement

Meer as 30 verdagtes verskyn vandag in die landdroshof in Mbombela weens beweerde bedrog en korrupsie van R113 miljoen. In totaal is 27 verdagtes, insluitend regeringsamptenare, gister aangekeer. Teen vanoggend was dié aantal 33. Volgens die Mpumalanga Valke het die provinsiale onderwysdepartement in 2019 en 2020 noodsaaklike instandhoudingswerk by 21 skole gelas, maar min werk […]