Fokus op tieners se geestesgesondheid

Dit is tiener selfdood bewusmakingsweek. Annriette Slabber van Lifeline Nelspruit deel van die risikofaktore en waarskuwingstekens. Luister weer: Kontak die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (Sadag) se 24-uur tolvrye noodlyn by 0800-567-567. Kontak Lifeline by 013-755-3606, [email protected] of 082-554-1182.

Pumas gerat vir SA Beker

Die Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af wanneer die SA Beker op 6 Maart begin. Die verdedigende kampioene se Chumani Booi en die spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle is gereed om hul titel van 2025 te verdedig. Luister weer:

Coenie Naudé stel ‘In jou lig’ vry

Die plaaslike rocker, Coenie Naudé, stel na ‘n ruk weer nuwe musiek vry en ons is saam met hom opgewonde. Sy jongste enkelsnit, In jou Lig, het Vrydag die lig gesien. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister: