Groot skenking vir Ereveldwagters verwelkom

Die Graskop Gorge Lift het R100,000 aan die SANParke Ereveldwagters geskenk om hulle te sterk in hul taak om die Krugerwildtuin na onlangse verwoestende oorstromings te ondersteun. Luister:
Opdatering: Veiligheidsbevel aan eienaars oor Senteeko-dam

Die departement van Water en Sanitasie het ‘n veiligheidsbevel aan die Shamile Gemeenskap se eienaarsvereniging, die eienaar van die Senteeko-dam buite Barberton, gerig om dadelik op te tree en die dam te stabiliseer om verdere skade te keer. Dit volg nadat tegniese ondersoeke bevestig het die dam is in ‘n gevaarlike en onveilige toestand. Die […]
In foto’s: Lily-myn ramp na 10 jaar herdenk

ActionSA lei vandag die tiende herdenking van die Lily-myn-tragedie, presies ‘n dekade sedert Pretty Nkambule, Solomon Nyirenda en Yvonne Mnisi lewend begrawe is toe ‘n skag op 5 Februarie 2016 ineengestort het. Hul families het gister in aanloop tot die herdenking ʼn klag by die Menseregtekommissie in Mbombela ingedien. ʼn Woordvoerder vir die families, Harry […]
Toename in malaria-gevalle in Laeveld

Mpumalanga se Gesondheidsdepartement berig malariagevalle het toegeneem, met 314 bevestigde gevalle verlede maand vergeleke met slegs 69 in Januarie verlede jaar. Die direkteur vir Oordraagbare Siektes, Mandla Zwane, sê mense moet toetse laat doen indien hulle simptome soos koors, hoofpyn of braking ontwikkel. Luister weer:
Vermiste vrou van Marloth Park veilig gevind

Die vrou van Marloth Park wat Maandag as vermis aangemeld is, is veilig gevind in Kempton Park, Gauteng. Mariana Kotze se voertuig is gisteroggend by Sonpark-sentrum in Mbombela gevind. Sy is ‘n voormalige deelnemer aan die kykNET-program Kokkedoor. Sy is Maandag laas gesien toe sy inkopies sou gaan doen het. Haar kar is dié oggend […]