Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy ‘n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti. Aangesien hy nie regtig ‘n rekord kon opspoor om te breek nie, gaan hy een opstel. Almal is genooi om te kom saam eet. Luister weer:

Twee mans verdrink, een steeds vermis

Die polisie in Mpumalanga het geregtelike doodsondersoeke begin na twee afsonderlike verdrinkings.  Lucky Fanyana Shongwe (42) het Maandagmiddag in die Sithobela-rivier in Hartebeeskop verdrink terwyl hy ‘n spirituele reinigingsritueel uitgevoer het. Vroeër dieselfde dag is ‘n man meegesleur terwyl hy saam met vier ander die KaMambedla-rivier in Low’s Creek probeer oorsteek het. Adriaan Jerry Makhubela se […]

Motorfietsryers rev dit vanjaar vir klein Caleb

Pediatric Care Africa se Ride for a Child vind vanjaar die sewende keer plaas. Volgens dr. André Hattingh het hulle besluit om vanjaar daarop te fokus om een spesifieke kind te help: Die sewe-maande oue Caleb van Wyk van Nelspruit, wat ‘n baie seldsame breintoestand het en ‘n duur operasie benodig. Hattingh sê hulle het […]