Noorde van Krugerwildtuin begin heropen

Oornagbesoekers word nou weer in dele van die noorde van die Krugerwildtuin verwelkom, na kampe en toegangshekke weens oostromings moes sluit. Die Phalaborwa-hek en Phabeni-hek kan gebruik word. Bateleur-boskamp heropen môre. Mopani-ruskamp sal teen Vrydag heropen, buiten vir die restaurant en swembad. Letaba en Shingwedzi sowel as Pafuri bly ontoeganklik en gesluit. Orpen-hek is slegs […]
Ma: ‘Kry hulp vir jou neurodiverse kind’

Yolanda Gani, ’n disleksie-spesialis, en ‘n plaaslike ma, Amanda Broodryk, is op ‘n missie op ouers en skole beter toe te rus in die ondersteuning van neurodiverse kinders, spesifiek kinders met ADHD, ADD, disleksie en ander leeruitdagings. “Moenie bang wees om vir jou neurodiverse kind hulp te kry nie,” sê Broodryk. Luister weer:
Kies die lewe: Spreek onverwerkte trauma aan

Die pastorale berader, past. Carin Myburgh van die Trinity Truth Foundation, sê vir Saterdag Ontbyt dat ‘n traumatiese ervaring wat nooit volledig verwerk word nie jare later steeds spanning, angs, of selfs liggaamlike simptone kan veroorsaak. Luister hier: