Mpumalanga vloedskade op R3,5 milj. beraam

Mpumalanga het na raming R3,5 miljard se skade gely tydens die onlangse oorstromings. Die woordvoerder van die provinsiale departement vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Freddy Ngobe, sê die grootste skade is in Ehlanzeni-distrik aangerig met Mbombela en Nkomazi wat die ergste deurgeloop het. Voorlopige verslae toon R160 miljoen se skade is gely in […]

Senteeko-damwal versleg, word nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik wat tans gebeur. Luister: 

SANBS pleit: Kom skenk asb. bloed

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) se voorraadvlakke is gevaarlik laag. Hulle hou volgende Saterdag, 30 Januarie, ‘n groot bloedinsamelingsveldtog by i’langa Mall, voor Mopani-apteek. 100.5FM gaan regstreeks uitsaai. Palesa Mazibuko pleit dat mense dit ondersteun en bloed skenk. Luister:

Opdatering: Ingenieurs verlig druk op Senteeko-damwal maar waarskuwings bly in plek

Ingenieurs het ‘n nuwe sykanaal-oorloop geskep om die hoofoorloop te verlig van die Senteeko-damwal buite Barberton. Die wal van die dam in die Suidkaap-rivier dreig om in te gee. Volgens die De Kaap-waterraad sal die tweede oorloop druk verlig, maar die moontlikheid bly bestaan dat die damwal kan breek. Die Barbertonvallei en die boonste dele […]