Kweek só veerkragtigheid

Die positiewe sielkundige, Sonja Stadler, is Donderdag die gasspreker by die South African Council for Businesswomen (SACBW) se eerste netwerksessie vir 2026 met die tema: “The Resilient Leader”. Sy gesels met ons oor hoe belangrik dit is om veerkragtigheid te kweek. Luister weer: Bespreek jou plek by Donderdag se netwerkgeleentheid by [email protected].
Opdatering: Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is. Die noorde van die park bly ontoeganklik. Die noorde is erger geaffekteer […]