Storm Baron is fopnuus maar groot reën kom

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n virale sosiale media-waarskuwing oor ‘n storm genaamd Storm Baron wat na bewering Suider-Afrika gaan tref, as vals afgemaak. Die weerdiens sê so ‘n storm bestaan nie en daar is tans geen tropiese sikloonaktiwiteit in die streek nie. ‘n Intense laedrukstelsel sal wel na verwagting wel oor suidelike Mosambiek ontwikkel […]