Sluit aan by die Laeveld Voortrekkers

Die Laeveld Kommando van die Voortrekkers hou op 12 Januarie ‘n opedag en almal is welkom. Kommando-leier Robert Strydom kuier in die ateljee saam met Michelle de Lange, Liz-Mare Anderson en Justin Homann. Luister: Om meer uit te vind van hierdie avontuur van leierskap kweek kontak Strydom by 082-496-1454.
Polisie waarsku teen toenemende vloed-verwante voorvalle

Die polisie in Mpumalanga het die publiek gewaarsku om uiters versigtig te wees naby strome water terwyl aanhoudende reën watervlakke laat styg. Vloed-verwante voorvalle is aan die toeneem, met drie mense wat op 1 Januarie verdrink het. ‘n 19-jarige man is meegesleur toe hy te voet ‘n stroom probeer oorsteek het in Louisville. ‘n Vrou […]