Verdagtes gesoek na inbraak by bank in Lydenburg

Die polisie in Lydenburg soek verdagtes na ‘n inbraak by ‘n bank. Personeellede wat gister vir diens aangemeld het, het ‘n sterk en ongewone reuk binne die gebou opgemerk en ‘n inspeksie van die perseel het aan die lig gebring dat die kitsbankkamer beskadig is. Een OTM is mee gepeuter en ‘n onbekende bedrag kontant […]
Dis oukei om nie oukei te wees dié feestyd

Hoe gemaak met depressie en eensaamheid die feestyd? Annriette Slabber van LifeLine Nelspruit het raad. Luister: Kontak haar by 082-554-1182.
Gade inspireer ”n Spikkel in die lug’

Martie Naudé se tweede kinderboek, ‘n Spikkel in die lug, is by die drukkers – net betyds vir Kersfees. Sy vertel hoe haar boek gebore is. Luister: Kontak 079-775-3294 vir bestellings.
Grootste Geloftedag in dekades by Voortrekkermonument gevier

Dinsdag het nagenoeg 40,000 mense Geloftedag by die Voortrekkermonument herdenk. Dawid Brand, bedryfshoof: media, bemarking en toerisme van die Kultuurtuiste, sê 2025 was ‘n besonderse jaar vir Afrikaners. Luister weer:
Bespreek vooraf vir besoek aan Krugerwildtuin

SANParke herinner dagbesoekers aan die Krugerwildtuin dat hekkwotas gedurende die feestyd geïmplementeer word om oorbevolking op paaie en by fasiliteite te verhoed. Om toegang te verseker, word besoekers aangeraai om vooraaanlyn te bespreek by sanparks.dot.org. Die administrasiefooi is R59 vir volwassenes en R29 vir kinders. Voorafbespreekte dagbesoekers kry voorkeur by die hek, solank hulle binne […]