Storm saai verwoesting by Soli Deo Gloria

Die Soli Deo Gloria-sentrum in Lydenburg het groot skade gely in ‘n verwoestende storm gister. Die Nelspruit Lion’s Club spring in om te help. Koos Schoonraad vertel hoe jy ‘n bydrae kan lewer. Luister hier: Kontak Schoonraad direk by 082-335-1347. Die Lion’s Club se bankbesonderhede is Lions Project, FNB, 62186547629.

Help Baba Caleb op sy reis na heling

Kort na Baba Caleb se geboorte op 25 Junie het sy ouers ‘n hartverskeurendste diagnose ontvang: Hemimegalencephaly (HME). Dit is ‘n uiters skaars en ernstige breintoestand waar een kant van die brein abnormaal groei. Dit veroorsaak onbeheerbare epileptiese aanvalle. Sy ma, Lara van Wyk, verduidelik die toestand. Luister: Vind die BackaBuddy-rekening hier: Help Baby Caleb […]

Busongeluk eis vyf lewens

Vyf mense is dood toe ‘n bus gistermiddag op die R33 tussen Mkhondo en Amsterdam omgeslaan het. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het die bestuurder na vermoede beheer verloor weens die nat toestande op die pad. Die oorsaak word ondersoek. Ses mense is ernstig beseer en 20 het geringe beserings opgedoen. Hulle is na […]