Hê ‘n hart vir Kersfees

Bekende en geliefde plaaslike kunstenaars span op 5 Desember by die Boulevard-teater saam om ‘n Kersproduksie met bekende Kersliedjies, maar ‘n nuutgeskrewe teks, op die planke te bring. Anne-Marie, Henry-John Williams, Willie Strauss en Natascha C gesels met Sonop Ontbyt oor Hê ‘n hart vir Kersfees. Luister: 

Lowveld Live stroom sport

Lowveld Live fokus al hoe meer daarop om Laeveld sportgebeure te stroom. Hennie van der Linde vertel watter impak dit op toeskouers en deelnemers het. Luister weer: Môre en oormôre is hulle by die Father’s Ground Sewestoernooi by Laerskool Witrivier. Jy kan hier op Lowveld Live se webtuiste kyk.

Innibos gee terug en ondersteun Care for Wild

Innibos oorhandig vandag aan Care for Wild se personeel vellies en T-hemde. Naranda Leeuwner vertel meer oor dié uitreik om terug te gee aan die gemeenskap sowel as die fees se diverse opheffingswerk. Luister: