Danie Botha ‘n maand na voorspelde wegraping

Die sanger Danie Botha het ‘n maand gelede opslae gemaak toe hy gewaarsku het dat die wegraping op 23 en 24 September sou plaasvind. Hy vertel vir die Middag Game Drive hoe alles ontvou het. Luister:
Departement sê Krugerwildtuin se naam bly

Die Department van Bosbou, Visserye en die Omgewing het bevestig dat geen naamsverandering vir die Nasionale Krugerwildtuin gemagtig is nie. Die amptelike naam bly onveranderd kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê daar is geen planne of versoeke om die reservaat se naam te verander nie. Sy […]
Witrivier-skietsaak tot Januarie uitgestel

Die moordbeskuldigde, Marco Schalekamp, het vanoggend in die Witrivier-landdroshof verskyn om aansoek te doen vir ‘n wysiging van een van sy borgtogvoorwaardes. Hy word aangekla van moord met voorbedagte rade en poging tot moord na Pieter Burger doodgeskiet en Arno van Niekerk gewond is tydens ‘n voorval naby die Witrivier-rugbyklub in Junie. Een van Schalekamp […]