Vier vas na gewapende roof by i’langa Mall

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in i’langa Mall beroof het. Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes. Brig. Selvy Mohlala sê die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak en […]

Makadamia boere baat uit oorvloed van kennis en kenners by ekspo

Die AmberMacs Makadamia Ekspo 2022 Vrydag en Saterdag net buite Witrivier het die organiseerders, bywonende boere en leweransiers se verwagtinge oortref. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die ekspo gereël het, sê dit was spesifiek op die makadamiabedryf gemik en het verskaffers ingesluit, asook kenners op die gebiede van alles van kunsmis en pesbekamping, tot toebehore, […]