Danie Stassen: Dakar-tydren ‘n droom wat bewaarheid is

Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het. Dit was die eerste Dakar vir hierdie Laeveldse boorling, vir wie enigiets met wiele sedert sy kinderdae ‘n bekoring inhou. Stassen sê die hele ervaring laat hom voel asof […]
Mpumalanga-slaagsyfer toon klein afname

Matriekleerlinge in Mpumalanga het in 2021 ‘n slaagsyfer van 73,6% behaal, ‘n klein afname van verlede jaar se byna 74%. Van hulle het 31,5% met universiteitsvrystelling geslaag. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die aankondiging gemaak by die Universiteit van Mpumalanga. Ehlanzeni-distrik het die hoogste slaagsyfer van 75,6%. Thaba Chweu tel onder die top vyf munisipaliteite […]
Laeveld nuus – Week 3 van 2022

In die nuus uit die Laeveld die week: Mpumalanga se slaagsyfer toon ‘n klein afname, nuwe boorwerk begin vandag in Makhonjwa-berge, Hoërskool Nelspruit bied interhoër 2022 aan en Danie Stassen sê Dakar-tydren was ‘n droom wat bewaarheid is. Luister die hooftrekke hier.