Tiener uit hospitaal ontslaan na kapers haar in been skiet

Miah de Beer (14) is gister uit die hospitaal ontslaan nadat sy verlede week in die been geskiet is tydens ‘n mislukte kaping. Sy was saam met haar ma, Melani, en boetie Marnu (11), op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin. Hulle het die wildtuin deur Numbi-hek verlaat. Om ongeveer 12:45 is daar […]

Verskeie leerlinge wag nog vir plekke in skole

Heelwat gr. 1- en gr. 8-leerlinge wag nog om geplaas te word in laer- en hoërskole in Mbombela en Witrivier. Die akademiese jaar skop Woensdag af. Volgens die provinsiale onderwysdepartement benodig 214 gr. 8’s en 213 gr. 1’s plek in Mbombela, en 33 gr. 8’s en 35 gr. 1’s in Witrivier. Dit is heelwat minder […]

Jongste leeu besigtiging in Marloth was fopnuus

Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê die besigtiging van twee leeumannetjies in Marloth Park die naweek, vals was. Gerrie Camacho van die MTPA sê iemand het ‘n goeie opname, wat baie realisties geklink het, gemaak van twee leeus wat kwansuis in die area brul en dit gebruik om inwoners op hol te jaag. “Dit […]

Elukwatini-bevelvoerder amptelik gegroet

Kollegas van die Elukwatinivan Elukwatini-polisiestasie, kol. Beauty Marivate (55), het gister van haar afskeid geneem tydens haar amptelike begrafnisdiens by Elukwatini-stadion. Sy is op 30 Desember doogeskiet toe sy gereageer het op ‘n noodroep oor ‘n sakeroof en verdagtes op haar voertuig losgebrand het. Sy is gewond en is hospitaal toe gehaas, waar sy aan […]