Laeveld nuus – Week 49 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Ontvoerde baba na 20 jaar gevind op sosiale media gevind, Mpumalanga skop padveiligheidsveldtog af, Bietjie-Bos-organiseerders tevrede met fees en die Pumas kondig nuwe titelborg aan vir 2022. Luister die hooftrekke hier.

Laeveld dorpe slaag bloudruppeltoets

AfriForum het weer verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die blou- en groendruppelstatus van hul drink- en rioolwater te bepaal. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder, voldoen al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde en bevat dit nie skadelike bakterieë nie. Twaalf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, voldoen egter […]