Staatsamptenare vasgetrek vir beweerde bedrog

Twee mans wat na bewering meer as R4,5 miljoen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gesteel het, het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Ronny Germany Ngwenyama (44) en Tinyiko Shadrack Golele (44) word van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla. Golele was na bewering in September 2018 ‘n projekbestuurder in die Mpumalanga departement […]

Bietjie-Bietjie-Bos beloof sommer baie

Na twee winters van geen Innibos Kunstefees nie, ‘n Laeveldse instelling van om en by 20 jaar, word daar vanaf 1 tot 5 Desember ‘n Bietjie-Bietjie-Bos gehou. “Uiteindelik!” slaak menige uitgehonger-vir-die-kunste inwoner ‘n sug van verligting. En wat ‘n verligting is dit nie? Hierdie weergawe van Innibos sal aansienlik kleiner wees as die fees wat […]

Verdagte vasgetrek na jaagtog in gesteelde kar

‘n Verdagte is aangekeer en een is voortvlugtig na ‘n jaagtog wat uitgeloop het op ‘n skietery by Crossing-sentrum vanoggend. Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice (BCJ) sê hy het inligting bekom oor ‘n Oranje VW Polo wat in die vroeë oggendure in Ermelo gesteel is. Sekuriteitsbeamptes van BCJ en Hi-Tech Sekuriteit het reageer en […]

Nog fratsweer die somer verwag

Dele van Mbombela en Nkomazi is die afgelope naweek erg beskadig deur storms. Volgens Jacques Benade van provinsiale rampbestuur was die meeste skade gekonsentreer in Nkomazi se munisipale area. Sowat 560 huise, twee gemeenskapsale, 14 skole, nege kerke, 12 winkels en twee gastehuise is beskadig. “Ons tel nog,” voeg hy by. Volgens Benade word ‘n […]