Verkiesingsdag nie sonder probleme nie

Stemdag het oor die algemeen vlot verloop gister, maar Trudie Grove-Morgan, die adjunkleier van die DA in Mpumalanga, sê regoor Mbombela het sommige mense probleme gehad om te stem. Veral diegene wat tydens die registrasienaweek van 18 en 19 September herregistreer het, se name het nie op die kiesersrol verskyn waar hulle wou stem nie. […]