Kommer oor groenskrif want Laeveldse ‘ondernemings oorleef nou net’

Die regering se jongste plan om meer toelaes aan mense te betaal loop deur onder fel kritiek, omdat belastingbetalers dit nie kan bekostig om nog meer van hul inkomste daarvoor op te gee nie. Die Departement van Maatskaplike ontwikkeling se groenskrif oor ‘n basiese-inkomste-toelaag beoog om inkomste-ondersteuning te bied vir mense van werkende ouderdom (18 […]

Rooitapyt-première verseker Skouspel bly ‘n hoogtepunt

Hoërskool Nelspruit (NHS) het Saterdag DigiTV ingespan om die rooitapyt-première geleentheid van hul Skouspel 2021 regstreeks te stroom. Die revuegroep het hard gewerk aan Skouspel 2021 wat Saterdagaand ook regstreeks gestroom is. Weens inperkingsregulasies kon dit vanjaar glad nie voor ‘n gehoor opgevoer word nie. ‘n Spesiale stel is in die skoolsaal gebou waar dit […]

Driebeen-Katie kry dalk prostetiese been

Die Kinnear-gesin van Mbombela het onlangs ‘n baie spesiale toevoeging tot hul gesin gemaak met Katie, ‘n driebeen-Africanus wat hulle by Pro-Life Pet Rescue aangeneem het. Allet Kinnear vertel haar man, Mark, het van Katie gehoor na sy in die Lilydale-area naby Sabi Sands gered is. Sy is deur ‘n kar raakgery en haar linker […]

Popia vir bemarkers: Deel 1

Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, sê dit is nog nie te laat om die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) te begin nakom nie. Dit het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie ‘n verskoning nie, waarsku sy. Kyk hier weer na haar gesprek, die eerste van drie, oor hoe bemarkers […]