Laeveld op hoë gereedheid vir enige onlus

Plaaslike sekuriteitsmaatskappye is op hoë gereedheid vir enige onluste wat Maandag kop uit mag steek. Daar is gerugte op nasionale vlak dat plundering en geweld, wat ten minste 377 mense se dood en miljarde se skade verlede maand in KwaZulu-Natal en Gauteng veroorsaak het, weer opvlam. Ter plaatse werk private maatskappye saam met die polisie […]

Vier Erfenisdag saam met Francois Jacobs en ‘Kaalgat Karel’

Die plaaslike akteur, Francois Jacobs, se jongste rolprent, “Kaalgat Karel”, sal volgende maand, op Erfenisdag, uiteindelik in Suid-Afrikaanse teaters begin draai. Hierdie Laevelder speel die hoofrol van Karel, ‘n kaalnaeler, in ‘n produksie wat reeds verskeie pryse oorsee ingepalm het. Toekennings sluit in beste rolprent en beste internasionale produksie by die Lit Laughs International Comedy […]

VF Plus vra vir strenger optrede teen stropers

Die VF Plus in Mpumalanga vra dat daar strenger teen vermeende renosterstropers opgetree moet word om die praktyk hok te slaan. Dít na die inhegtenisname op 21 Julie van AB (Schalk) Steyn (48) en Dawie Groenewald (53) wat met 19 horings met ‘n beraamde waarde van sowat R2,6 miljoen in hul besit betrap is. Hulle […]

Nellies redeneer weer top-plekke los by ATKV

Leerders van Hoërskool Nelspruit (NHS) het by die afgelope ATKV-Redenaarskompetisie weer uitstekend presteer. Ten spyte van vele uitdagings met die reisverbod het die ATKV vanjaar ‘n haas uit die hoed gepluk en kon die deelname aanlyn plaasvind. In die Senior Huistaal-afdeling was vyf van die top 10 redenaars in Mpumalanga NHS-leerders. Cornelis van Dyk (gr.10) […]

Laeveld nuus – week 33 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Inentings nou oop vir alle volwassenes, Kommer oor lede op MTPA en Mega se direksies en Laeveld sekerheidsmaatskappye op hoë gereedheid vir moontlike onlus. Luister die hooftrekke hier.