Pumas takel die nuwe uitdaging met positiwiteit

COVID-19 het die sportwêreld brutaal tot stilstand geruk. In Mbombela het die Phakisa Pumas ook nie die impak van inperking vrygespring nie. Tog kies hulle om hierdie bloot net as nog ʼn uitdaging te takel. Pieter Burger, hoofuitvoerende beampte van die Pumas Rugbyunie, sê in ʼn telefoniese onderhoud die rugbybedryf is wêreldwyd onder geweldige druk. […]
Departement sluit hospitale vir besoekers

Alle besoektye in Mpumalanga hospitale is afgestel. Volgens die gesondheidsdepartement se hoof, dr. Saveera Mohangi, word besoektye opgeskort om die verspreiding van die virus hok te slaan. Dit sal tot die einde van die tydperk van inperking geld. Die departement sal ook sekere dienste afskaal om op koronavirus te konsentreer. Elektiewe chirurgie sal uitgestel word. […]
Bernice West – SonopBlom

Bernice West trek aandag met eerste enkelsnit – Maak my Famous As die naam bekend lyk, as die stem bekend klink is dit maar net die begin van jou avontuur saam met Bernice West. 13 Maart 2020 Bernice het aanvanklink bekendheid verwerf as die naaswenner van Maak My Famous en was ook deel van die Bohemian Rhapsody […]
Mpumalanga werf addisionele verpleegassistente vir siftingstoetse

Daar is nou 12 bevestigde gevalle van Covid-19 in Mpumalanga. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het Dinsdag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasiënte reeds herstel het. Vier moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas. Volgens Mtshweni-Tsipane maak die provinsie ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur die […]