Die provinsiale regering beoog om spaza-winkels te help. 

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Dinsdagmiddag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat baie inwoners in veral landelike gebiede spaza-winkels moet benut. Spaza-winkels word dikwels deur die polisie gesluit vanweë ‘n tekort aan permitte om handel te dryf. Die provinsie sal daarom tydens die tydperk in afsondering poog om die winkel-eienaars te help […]

Nog twee Covid-19 pasiënte in Mpumalanga in isolasie geplaas

Mpumalanga Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanmiddag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasiënte in die provinsie reeds van die korona virus herstel het. Vier ander moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas. Die provinsie maak ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur President Cyril Ramaphosa aangekondig. […]

Pres. Ramaphosa kondig landswye toetsing vir die koronavirus aan

Pres. Cyril Ramaphosa het op Maandagaand 30 Maart in ʼn televisieboodskap aangekondig dat daar in die volgende paar dae met ʼn uitgebreide veldtog begin word om mense landwyd vir die koronavirus te toets. Hy het gesê dat 10 000 mediese werkers ontplooi sal word om landwyd en op groot skaal na woonplekke te gaan om […]

Nelspruit DBV oorweldig deur ondersteuning

Die Nelspruit DBV is die afgelope week deur kos-donasies oorval. Voorsitter, Lize Pienaar, sê hulle is baie dankbaar vir die gemeenskap se reaksie. Hulle het ongelooflik baie kos ontvang en het genoeg vir al die diere om die tyd van inperking deur te sien. “Ons is baie geseënd met ons gemeenskap wat so vinnig gereageer […]