100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog vier vermeende onwettige mynwerkers vasgetrek

Written by on June 21, 2024

Operasie Vala Umgodi het nog vrugte afgewerp in Mpumalanga met die arrestasie van vier verdagtes gister.

Polisiebeamptes het inligting opgevolg oor verdagte voertuie wat straks by onwettige mynboubedrywighede betrokke sou wees in Schoemanskloof en Machadodorp.

In een voertuig is 20 sakke gouddraende materiaal ontdek en ‘n verdagte is aangekeer.

In die tweede voorval is drie verdagtes gearresteer met vier emmers gouddraende materiaal in die kattebak van hul voertuig.

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê in beide gevalle kon ‘n verdagte vlug.

Sien ook: Beloning vir inligting oor vermiste seuntjie in Pienaar


×