100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Veldwagter vasgetrek weens vermiste jaggeweer

Written by on August 1, 2024

‘n 37-jarige veldwagter is gister, op Wêreld Veldwagtersdag, in die Krugerwildtuin gearresteer na hy in besit gevind is van ‘n jaggeweer wat etlike weke gelede in Skukuza verdwyn het.

Die gesamentlike operasie is deur die polisie, misdaadintelligensie en SANParke uitgevoer.

Volgens die polisie is die vuurwapen met 18 rondes ammunisie versteek gevind binne ‘n plafon in Hluvukani naby Thulamahashe in die Bosbokrand-area.

Aanklagte teen die verdagte sluit in die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie met nog aanklagte wat bygevoeg kan word soos die ondersoek vorder.

Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Sien ook: Dodetal styg tot ses in botsing tussen skoolbus en trein


×