100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Veiliger Feestyd-veldtog geloods

Written by on October 22, 2024

Die polisie in Mpumalanga het Saterdag amptelik die 2024/25 Veiliger Feestyd-veldtog by Mangweni Trust naby Komatipoort van stapel gestuur om ‘n veiliger feestyd vir gemeenskappe te verseker.

Die weermag, verkeerspolisie, nooddienste, Binnelandse Sake en Korrektiewe Dienste was ook by sowel as amptenare van die provinsiale regering sowel as Ehlanzeni- en Nkomazi-munisipaliteite.

Die provinsie se operasionele plan is aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, voorgelê.

Die waarnemende polisiekommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, sê die fokus is op pogings teen geslagsgebaseerde geweld, trio-misdade soos kapings en huisroof, asook samewerking met die Grensbestuursowerheid om mense- en dwelmhandel te bekamp.

Luister:

Sien ook: Pa van Malalane bly in aanhouding weens aanklagte van verkragting


×