100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee bendelede swaar gevonnis in Mbombela

Written by on July 15, 2024

Twee bendelede is Vrydag deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela ‘n gekombineerde nege lewenslange vonnisse en 70 jaar tronkstraf opgelê vir veelvuldige moordsake.

Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Sikhumbuzo Shaun Mpangane (36) en Bonginkosi Shakoane (24) tussen Desember 2020 en Junie 2021 in die Bosbokrand-area ses nabye familielede vermoor van ‘n voormalige bendelid, Johan Ndlovu, om hom hom te probeer dwing uit sy wegkruipplek.

Luister:

Mpangane (links) is tot vyf keer lewenslank gevonnis met ‘n addisionele 47 jaar en Shakoane tot vier keer lewenslank met ‘n addisionele 23 jaar tronkstraf.

Sien ook: Man wat glo twee kinders vermoor, sterf in hospitaal


×