100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tienerswangerskappe: Optrede geëis

Written by on January 3, 2025

Die Departement van Gesondheid het 1 448 geboortes op die eerste dag van die nuwe jaar by openbare gesondheidsgeriewe landwyd aangeteken.

Onrusbarende syfers toon die aantal tieners wat ma’s word in Suid-Afrika stuur af op ‘n krisis.

In Mpumalanga is 154 baba’s Woensdag gebore. Van die nuwe ma’s is 30 tienerjariges – met die jongstes drie dogters van 15. Op Kersdag was dit 22 tieners.

Elders het ‘n 12-jarige op 1 Januarie in die Oos-Kaap geboorte gegee en in Limpopo het ‘n 13-jarige op Kersdag geboorte geskenk.

Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, doen ‘n beroep op alle sektore van die samelewing, veral gesinne, om met die regering en nie-regeringsorganisasies saam te werk teen die plaag van tienerswangerskappe.

Luister: 

Die direkteur van die Family Policy Institute, Errol Naidoo, sê gebroke gesinstrukture is ‘n hoofoorsaak van die hoë voorkoms van tienerswangerskappe.

Hy het aan die SABC gesê die gebrek aan ʼn vaderfiguur word verbind met verhoogde tienerswangerskappe en skoolverlating

Hy vra vir dringende optrede om hierdie neiging hok te slaan.

Luister:

Die Activists and Citizens Forum sê die ANC-regering moet aanspreeklikheid aanvaar vir die hoë voorkoms van kinderswangerskappe en wetteloosheid in die land.

Volgens Dennis Bloem kry ouers altyd die skuld.

Luister: 

Die UDM doen ‘n dringende beroep vir verbeterde seksvoorligting in skole en meer toegang tot jeugvriendelike gesondheidsorgdienste.

Yongama Zigede sê Suid-Afrika se voortdurende krisis met tienerswangerskappe weerspieël sistemiese mislukkings in onderwys, gesondheidsorg en maatskaplike ondersteuning.

Luister:

Die African Transformation Movement sê ekonomiese ontberinge verhoog dikwels die gevaar van tienerswangerskappe.

Volgens Zama Ntshona kan jong meisies onder druk voel om in verhoudings wat finansiële ondersteuning bied betrokke te raak, en dit kan tot onbeplande swangerskappe lei.

Luister: 

Sien ook: N4 ongeluk eis sewe lewens