100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Stroper tot 30 jaar tronkstraf gevonnis

Written by on March 11, 2025

‘n Mosambiekse man is deur die Skukuza-streekhof tot 30 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir stropery.

Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, was Silas Mathebula een van vyf verdagtes wat in 2019 in die Malelane-seksie van die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is met onder meer ses renosterhorings in hul besit.

Luister:

Mathebula het verdwyn na hy borgtog toegestaan ​​is, maar is later herarresteer vir ‘n soortgelyke oortreding in die Hluhluwe-wildreservaat in KwaZulu-Natal.

Een beskuldigde, Forster Lubisi, is deur krokodille doodgemaak terwyl hy probeer ontsnap het.

Die ander drie is reeds skuldig bevind en gevonnis.

Sien ook: Polisiesersant aangekla van moord op haar man