100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Spesiale taakspan in Pienaar ontplooi na vlaag geweldsmisdade

Written by on July 19, 2024

Die polisie in Mpumalanga het meer as 100 spesiale taakspanlede ontplooi in Pienaar, Masoyi en Marite buite Mbombela.

Dit volg op ‘n vlaag skokkende moorde waartydens vier vroue en kinders in soveel weke vermoor en begrawe of verbrand is.

Lees meer: Man wat glo twee kinders vermoor sterf weens beserings na aanranding

Volgens die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, het Spesiale Operasie Shanela ten doel om die situasie te stabiliseer en inwoners te beveilig.

Die waarnemende polisiekommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, sê gemeenskappe eis resultate en het hulle aangemoedig om saam met die polisie te werk om oortreders aan die pen te laat ry.

Die DA in Mpumalanga doen intussen ‘n beroep op Macie, om ‘n tweede polisiestasie in Pienaar op te rig.

Volgens Teboho Sekaledi, die DA se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, is daar ‘n gemiddeld van slegs een polisiebeampte vir elke duisend inwoners.

Luister:

Hy sê dat, volgens Statistieke Suid-Afrika, die huidige gemiddeld ‘n beampte vir elke 424 inwoners is, terwyl die Verenigde Nasies een vir elke 220 mense aanbeveel.

Die DA wil hê daar moet beter samewerking tussen gemeenskappe en die polisie ontstaan, aangesien mense wegkom met hul misdade omdat mense vir hul lewens vrees, sou hulle dit aanmeld.

Sien ook: Areas wat brand tot provinsiale rampgebiede verklaar


×