100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SOE lê beslag op bates van R52m in Covid-korrupsiesaak

Written by on July 23, 2024

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), die Batebeslagleggingseenheid, die Valke en Nasionale Vervolgingsgesag het vandag beslag gelê op bates van R52,6 miljoen wat met die 2020/21 Covid-19 beskermingstoerusting korrupsiesaak verband hou.

‘n Totaal van 22 senior bestuursamptenare en diensverskaffers word verbind met ‘n netwerk van korrupsie binne die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer.

Volgens die SOE is multi-miljoen rand in kontrakte toegeken vir beskermende kleredrag tydens die Covid-19-pandemie aan diensverskaffers wat nie die items gelewer het nie. Hulle het na bewering aansienlike gunslone aan die amptenare betaal.

Die bewaringsbevel is deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela toegestaan.

Daar is op ‘n verskeidenheid bates beslag gelê in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap. Dit sluit in 29 eiendomme en 31 voertuie.

Die bevel bevries ook bates soos huise, voertuie, elektronika, huishoudelike items, juwele, vuurwapens, bankrekeninge, salarisse en borggeld.

Kaizer Kganyago van die SEO  sê dit is nodig omdat sommiges gearresteer en aangekla word en op borgtog uit is.

 

Volgens die SOE het dit betrekking op die volgende amptenare: Macdonald Sigudla, Dorries Mbatha, Bandile Ngcobo, Godisamang Molotsane, Kobus Mkhabela en Sipho Monareng.

Die diensverskaffers is Maganeleni Trading and Projects, Anthony Maganeleng Mashigo, Gladness Gugu Bulunga, Thandolwam Transport and Projects, Mbombela Integrated Waste Management Services, Orapaleng Molotsane, Tsidi Susan Sedibe, Superia Services Trading, Whisky Delisa Khumalo, Makulaspan Construction, Thabang Lebo Andiswa Dibakoane, Ntando Ms Trading, Bongani Edward Lukhele, Ligabho Le’Africa Properties, Oratile Molotsane en Ezrom Molotsane.

Luister:

Sien ook: Ongeluk op R40 buite Hazyview eis vier lewens


×