Sesde verdagte vas wat glo polisiebeampte vermoor
Written by Mireille on March 10, 2025
‘n Sesde verdagte in die moordsaak van luit. kol. Piet Pretorius is Saterdag in Komatipoort gearresteer.
Dié bevelvoerder van die voertuigidentifiserings-eenheid in Ermelo is in Januarie in ‘n sluipmoordaanval doodgeskiet.
Volgens die Valke in Mpumalanga is Prince Gift Mdluli sedertien voortvlugtig.
Die polisie het vinnig gereageer toe hulle ’n wenk van die publiek ontvang het en hy is in ‘n klerewinkel aangekeer.
Pretorius is in ‘n lokval gelei en doodgeskiet, na bewering deur ‘n voormalige polisiebeampte, Mthobisi Nkosi, wie se beweerde misdade Pretorius ondersoek het.
Nkosi het die ander vier beskuldigdes – Aubrey Xaba, Skhumbuzo Skhakhane, Nyiko Mujovo en Valencia Skhosana – glo betaal om hom te help.
Volgens die koerant Highvelder het Nkosi and Mujovo saam uit die tronk, na hul arrestasie, die moord beplan van die polisiebeampte wat hulle aangekeer het en hulle is intussen ook aangekla van sameswering om moord te pleeg.
Die mans het intussen hul borgaansoeke laat vaar en verskyn op 10 April weer in die hof.
Die vroulike beskuldigde, Skhosana, gaan Woensdag met haar borgaansoek voort.
Sien ook: Polisie lê beslag op R12m se onwettige goedere in Rocky Drift