100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Saru waarsku teen twyfelagtige webblaaie vir Bok-kaartjies in Mbombela

Written by on September 11, 2024

SA Rugby waarsku ondersteuners om kaartjies vir die finale Rugby Kampioenskapstoets tussen Suid-Afrika en Argentinië slegs van Computicket of Mbombela-stadion se kaartjiekantoor te koop en nie van twyfelagtige webblaaie nie.

Kaartjies vir die kragmeting op 28 September is reeds amper uitverkoop.

SA Rugby sê ondersteuners moet versigtig wees vir webblaaie wat beweer hulle het kaartjies te koop.

Die wedstryd sluit vanjaar se kompetisie af na die kragmeting tussen die All Blacks en die Wallabies vroeër dieselfde dag.

Sien ook: Wonderkind maak opslae met motorfiets – Radio Laeveld


×