100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Renosterstroper 19 jaar tronk toe gestuur

Written by on June 18, 2024

‘n Renosterstroper is 19 jaar direkte gevangenisstraf opgelê deur die Skukuza-streekhof.

Sydney Silver Zitha is in Augustus 2018 deur veldwagters in die Krugerwildtuin aangekeer, maar het gevlug na hy borgtog toegestaan is.

Hy is in September 2018 weer aangekeer na hy ‘n renoster in die Tshokwane-area van die wildtuin doodgeskiet het.

Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, sê hy is skuldig bevind aan betreding in die Krugerwildtuin, die besit van ‘n vuurwapen, sameswering om ‘n misdryf te pleeg, die besit van ammunisie en die besit van ‘n gevaarlike wapen.

Luister:

Sien ook: Premier kondig nuwe kabinet aan – Radio Laeveld


×