100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Proteste in Mosambiek tydelik gestaak

Written by on December 31, 2024

Mosambiek se opposisieleier, Venâncio Mondlane, het betogings vir vyf dae gestaak om internasionale organisasies die geleentheid te gun om beweerde wangedrag deur die polisie te ondersoek.

Betogings het in Oktober uitgebreek nadat betwiste verkiesingsuitslae Daniel Chapo van Frelimo as die wenner verklaar het.

Luidens berigte het die geweld minstens 277 lewens geëis, meestal weens geweervuur deur die polisie.

Suid-Afrika het veiligheid by die grens opgeskerp en ʼn gesant afgevaardig om die toenemende spanning te probeer ontlont.

Die Grensbestuursowerheid het wel bevestig dat die bedryf van die Lebombo-grenspos teruggekeer het na normaal.

Die owerheid se adjunk-kommissaris, Mmemme Mogotsi, sê daar is nie meer toue vragmotors nie en die normale verwerking van reisigers is hervat.

Luister:

Hulle bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag vir moontlike ontwrigting ondanks die tydelike opskorting van verset-optrede.

Die Grensbestuursowerheid se kommissaris, Michael Masiapato, het aan die SABC gesê hulle sal bedrywighede na die Mananga-grens herlei indien die situasie onhanteerbaar word.

Luister:

Hy sê amptenare het daagliks gemiddeld 350 tot 400 mense onderskep wat probeer om die grens onwettig oor te steek.

Sien ook: Polisie ontken vals bewerings van gesteelde liggame